Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Wilna Adriaanse

@ Sunday Times Books LIVE

Wilna Adriaanse Latest

Dubbelspel

DubbelspelHulle is almal in die land. Van die Chinese triades tot die Russiese mafia. Niemand is egter hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Hulle het nie sentiment oor ’n politieke bestel of ’n reënboognasie nie. Geld is die enigste god wat aanbid word.

Toe Ellie McKenna instem om hierdie wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie.

En nou is haar pa nie meer daar nie, en moet sy self besluit wie sy kan vertrou, en waartoe sy in staat is. Haar pa het ook gesê dis ’n job waaruit iemand dikwels nie lewend wegstap nie.

EAN: 9780624068037
Koop nou!